NewsNews

Wees waaksaam – moenie sommer uitstorm nie

Wees waaksaam - moenie sommer uitstorm nie

 

 

Die polisie en Parys Gemeenskap Polisiëring Forum waarsku mense opnuut weer om nie sommer net uit die huis te gaan wanneer jy verdagte geluide buite sou hoor nie. Kry eerder hulp as om alleen na buite te gaan. Dit het al dikwels noodlottige gevolge gehad omdat misdadigers allerlei vindingryke maniere probeer om mense na buite te lok. Wees waaksaam en kry eerder hulp, veral as:

* Jou elektrisiteit baie skielik sou afgaan.

* Jy skielik water uit ’n kraan of in jou tuin hoor loop.

* As ’n alarm in ’n stoor, skaapkraal of waar ook al, sou afgaan..

* As jou voerstoor, perdestalle, trekker of weiding of wat ook al, onverklaarbaar aan die brand raak.

* Iemand om hulp roep of “gewond” by jou huis aankom. Bel eerder die nooddienste soos die polisie, ambulans, sekuriteitsmaatskappye of buurtwag.

* Moenie die deur vir enigeen oopmaak nie, selfs geregsdienaars. Bevestig eers hul identiteit met jou naaste polisiestasie of betrokke instansie wie hulle gestuur het.

* Moenie uitstorm as jou motor se alarm skielik afgaan nie.

* Moenie uitstorm as jou honde skielik aanhoudend en dringend blaf nie. Kry hulp, daar moet ‘n rede wees vir die geblaf.

* Moenie gaan kyk waarom “huil daar ‘n baba” by jou kamervenster of by jou hek nie. Die “Suster Theresa” gevoel kan jou lewe kos.

* Moenie uitgaan as klein hondjies/katjies of enigiets anders op jou voorstoep of by jou voordeur neergesit word nie. Bel eerder jou buurtwag, GPF of sekuriteits reaksie-eenheid om seker te maak daar is nie iets vreemds aan die gang nie.

* Pasop vir wie jy die deur oopmaak, hetsy dit nou is om net water te gee, iemand wat die badkamer wil gebruik, verkoopsfoefies, ens.

* Hou kontak met jou bure en help so om mekaar te beskerm teen misdadigers se planne.

* Maak seker jy het die nommer van nooddienste die polisie, buurtwag, sekuriteit ens. op jou selfoon. K

ry eers hulp van buite voordat jy self uitstorm. * Vertrou altyd op jou sesde sintuig. Daardie gevoel is gewoonlik reg.

Related Articles

Back to top button