News

Groot kommer oor vermiste IT-kundige

Groot kommer oor vermiste IT-kundige

 

VEREENIGING. – Die familie van ‘n briljante rekenaarkundige, mnr. Willem van der Westhuizen (44), is uiters bekommerd oor sy veiligheid nadat hy verlede Woensdag, 21 Oktober, met sy bergfiets gaan ry het en nie weer huis toe gekom het nie.

Willem woon die afgelope ses jaar by sy ouers, Jan en Magda van der Westhuizen in Arconpark, nadat hy voorheen as IT-kundige aan ‘n groot onderneming in die Kaap verbonde was

Volgens sy pa stap Willem graag vir ontspanning of ry soms fiets in die noordelike hoewegebiede van Vereeniging, soos in Unitaspark. Hy is verlede Woensdag omstreeks 12:00 die middag op sy fiets by die huis weg, maar het nie soos gewoonlik na ‘n paar ure teruggekom nie. Hy was geklee in ‘n wit T-hemp en bruin kortbroek.
“Hy is ‘n groot man en stewig gebou, so ons reken hy sou homself goed kon verdedig as iemand hom sou probeer aanval,” sê mnr. Van der Westhuizen senior.
Willem het geen geld of ander waardevolle artikels by hom gehad nie. Hy is reeds as vermis by die polisie aangemeld, maar tot dusver is daar nog geen spoor van hom nie. Sy ouers het ook reeds met sy vriende kontak gemaak om te verneem of hy nie dalk by een van hulle tuisgaan nie.
Enigiemand wat hom gesien het of inligting het oor waar hy kan wees, word versoek om dringend met sy ouers in verbinding te tree by 082 901 4051
https://vaalweekblad.com/78867/groot-kommer-oor-vermiste-it-kundige/

Related Articles

Back to top button