NewsNews

Marné oorgeplaas na rehabilitasie hospitaal

Marné oorgeplaas na rehabilitasie hospitaal

Marné Prinsloo  is vanmiddag na die Netcare rehabilitasie hospitaal in Johannesburg oorgeplaas en is  haar gesin positief oor die vordering wat sy reeds gemaak het. Marné is op 12 Oktober baie ernstig beseer in ‘n motorongeluk by die kruising van Unie- en Kortstraat,

Sy is in ‘n kritiekte toestand eers per ambulans, en toe met  ‘n noodhelikopter na die Netcare Milpark-hospitaal se trauma-eenheid in Johannesburg vervoer met onder meer ernstige kopbeserings, bloeding op die brein en skade aan haar rugwerwels.

Marné was alleen in die motor toe haar voertuig  by die kruising die bakkie van Sybil Joubert getref het, en met die impak van die botsing teen ‘n boom tot stilstand gekom het.

Marné is ‘n oudleerder van Hoërskool Parys en die dogter van kapt, Henk en Rhona Prinsloo van Parys

Related Articles

Back to top button