NewsNews

Sorg dat jou diere water het

Sorg dat jou diere water het

Ons het tans ‘n hittegolf. Kyk asseblief gereeld dat julle viervoetkinders vars water het om te drink. Sit maar ‘n paar waterbakke uit, veral vir die groot honde wat nie huishonde is nie.
Baie mense werk die hele dag en sit net een waterbak uit. Die honde stamp soms daardie een bak om en dan is daar niks water vir die res van die dag nie. Maak asseblief ook seker julle sit die waterbakke waar dit die hele dag in die koelte is.
Ek weet almal van ons is diereliefhebbers en kyk mooi na hulle diere, maar dra die boodskap ook maar aan julle vriende oor. Kyk asseblief ook in ander mense se erwe as julle daar verby ry of loop of julle waterbakke kan sien?
Ons moet ons straatdiere ook help om by shelters te kom, hulle gaan nie in die hitte op die strate oorleef nie. Ek ry maar altyd met ‘n 2 liter of twee en ‘n ekstra waterbak. Dankie vir elkeen se goeie hart en dat julle so mooi na julle diere omsien.
https://vaalweekblad.com/78557/sorg-dat-jou-diere-water-het/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button