NewsNews

Studentevlieënier ontsnap met slegs geringe beserings in vliegongeluk

Studentevlieënier ontsnap met slegs geringe beserings in vliegongeluk

VEREENIGING. – ’n Studentevlieënier het Woensdagaand, 28 Oktober wonderbaarlik aan die dood ontkom toe beheer oor ‘n Cessna 172-vliegtuig verloor is en die vliegtuig naby die Vereeniging-vliegveld neergestort het.

Hoewel die vliegtuig beskadig is, het die vlieënier blykbaar slegs geringe beserings opgedoen.

Volgens Kabelo Ledwaba, ‘n woordvoerder vir die burgerlugvaartowerheid, was dit die vliegstudent se eerste solo vlug.

“Die eerste landing en opstyg (“touch-and-go”) was suksesvol en sonder voorval. Die tweede landing het egter skeefgeloop.” Volgens Ledwaba ondersoek die burgerlugvaartowerheid die oorsaak van die ongeluk.

Studentevlieënier ontsnap met slegs geringe beserings in vliegongeluk

 

 

Related Articles

Back to top button