NewsNews

Boetes en tralies ten bate van VVA

Boetes en tralies ten bate van VVA

As jy wil weet wie is agter tralies en wie gaan borg betaal, moet jy hierdie Saterdag, 31 Oktober vanaf 10:00 ā€™n draai maak by ABā€™s restaurant waar Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) sy baie gewilde ā€˜Jail a Bailā€™ veldtog hou.

Maar hoekom ā€˜Jail a Bailā€™?

ā€˜Jail a Bailā€™ is een van VVA se fondsinsamelingsprojekte waarmee broodnodige fondse ingesamel word om diĆ© welsynsorganisasie se wiele aan die rol te hou om sy dienste te kan lewer aan hulle in nood. VVA het nog altyd ā€˜n stryd gehad om in die voedselnood van sovele in nood te kan voorsien. Hoewel Parys se gemeenskap VVA goedgesind is, het daar egter nou ā€˜n tyd aangebreek dat VVA werklik groot probleme die hoof moet bied. Hierdie nood raak nie net die allernoodsaaklikste kosvoorsiening nie, maar ook die toekomstige werk van VVA se maatskaplike werkers, en dienste wat hierdie kantoor in die verlede kon bied. Die kwartaallikse subsidie wat VVA van die Departement van Maatskaplike Dienste ontvang, word nie gereeld betaal nie en ander bronne het bykans opgedroog. Die aantal kwesbare, honger mense met lewens wat uitmekaargespat het die afgelope paar maande, word net meer en meer – in besonder namate die winter sy tol begin eis het. Dit terwyl lewensmiddele al duurder word en werksmoontlikhede al skaarser.

Wat doen VVA?

VVA Parys lewer maatskaplike dienste in Parys, Schonkenville en Tumahole. Maatskaplike gevalle word deur drie maatskaplike werkers en twee hulpwerkers hanteer en is daar heelwat statutĆŖre gevalle, waarvan tans 470 van gevalle waar dienste gelewer is. Gevalle waar maatskaplike wekers hulp aanbied is onder meer vir toesigdienste vir kinders, assessering van kinders en gesinne, pleegsorg van kinders, beradingsterapie en ander statutĆŖre aangeleenthede. VVA hanteer tans gemiddeld 1 086 sulke gevalle per jaar.

Etes en kospakkies:

Gedurende April en September vanjaar is 2 867 kospakkies uitgegee en vir 25 gesinne weekliks kos voorsien. Daar is ook meer as R20 000 se doeke, klere, komberse en nie-bederfbare kospakkies uitgedeel. Sakpas klerewinkel: Klereskenkings wat VVA ontvang, word gebruik om ā€˜n stel klere per maand aan ā€˜n behoeftige te voorsien. Die klere in die winkel word ook aan die publiek verkoop teen ā€˜n minimale bedrag wat dan aangewend word om in ander behoeftes te voorsien. Daar is die jaar sover 700 stelle klere gratis uitgegee. Hiervan was die helfte vir babas en kinders.

Waarheen gaan skenkings dan?

Alle skenkings van bruikbare items word aan die publiek uitgedeel soos die behoefte hom voordoen en kan daar rekenskap gegee word van elke item wat inkom en uitgaan.

Help VVA met behuising?

VVA bied die Danie Fourie en Hanlu wooneenhede as bekostigbare verblyf vir bejaardes wat geen ander huisvesting kan bekostig nie.

Huis Lerato:

Hierdie huis het tans drie kinders onder die sorg van Thandi (huismoeder). Die kinders wat hier bly is verwyder deur ā€˜n maatskaplike werker in gevalle waar daar geen familie beskikbaar of geskik is om die kinders te neem nie. Die huis is die eiendom van VVA, wat dan ook verantwoordelik is vir die onderhoud van die woonhuis.

Nasorgsentrum:

VVA het ook op dieselfde perseel as Huis Lerato ā€™n nasorgsentrum waar mnr. en mev. Wesseloo sorg dat hierdie leerlinge onder toesig van gekwalifiseerde persone onderrig word. Gratis etes word ook aan die leerlinge voorsien. Tydens Covid-19 kon die nasorgsentrum nie funksioneer nie. Tog word die behoeftes van hierdie kinders by die dag groter.

VVA Parys sĆŖ dankie aan so baie wat die werk van VVA ligter en makliker maak met gereelde weeklikse, maandelikse en tweemaandelikse skenkings. Hieronder tel Checkers, Pick n Pay, Tau Voermeule, Defnite Pitch, Angeloā€™s, Estelle Furgeson, Parys se kerke, besighede en individue wat met hul vaste inbetalings en hulp waar dit die nodigste is, ā€™n ongelooflike bydrae lewer. Sonder die gemeenskap van Parys se donasies van brood, klere en wit olifante sal VVA ook nie kan voorsien in die nood van hulle wat nie het nie. Dankie aan ieder en elk wat ā€™n verskil in die lewens van ander maak.

Related Articles

Back to top button