News

Vervoermaatskappy moet sluit nadat vragmotors gevandaliseer word tydens staking

Vervoermaatskappy moet sluit nadat vragmotors gevandaliseer word tydens staking

HENLEY-ON-KLIP. – ’n Vervoermaatskappy in Henley-on-Klip is verlede week genoop om sy deure te sluit nadat stakende werkers glo miljoene rande se skade aan vragmotors aangerig het.

Bogdans Dry Bulk Transport, wat meer as 150 vragmotors besit, sal nou glo tot 200 mense moet aflê.

Die maatskappy bestaan al meer as dertig jaar.

Die eienaar, Bob Kazmierczak, het in 1990 uit kommunistiese Pole na Suid-Afrika geïmigreer en die onderneming van die grond af opgebou.

Kazmierczak se moeilikheid het glo begin nadat die vakbond Sancatdra, wat blykbaar nie gerigestreer is nie, saam met die EFF die bestuur van die maatskappy wou oorneem.

Werkers was glo ontevrede oor vergoeding op ’n vakansiedag in September.

Van die maatskappy se vragmotors is tydens stakings aan die brand gesteek en met klippe bestook.

Die EFF ontken dat hulle betrokke was en die vakbond het by monde van Daniel Mofokeng, president van Sancatdra, ontken dat enige lede by die afbrand van vragmotors betrokke was.

Bogdans het op 14 Oktober ’n interdik teen die stakers gekry en verskeie vragmotorbestuurders afgedank.

Bogdans Bulk Dry Transport is genoop om sy deure te sluit nadat vragmotors gevandaliseer is tydens stakings. Foto: Verskaf
Die polisie voor daar met rubberkoeëls op betogers losgebrand is. Foto: Verskaf

Vervoermaatskappy moet sluit nadat vragmotors gevandaliseer word tydens staking

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button