NewsNews

Tava Lingwe voëllys uitgebrei danksy Feathers-lede

Tava Lingwe voëllys uitgebrei danksy Feathers-lede

 

Nadat alles vir ‘n lang tyd tot stilstand gekom het, begin die aktiwiteite vir van die lede van die Feathers-voëlklub weer stadig aan die gang kom, ook wat voëlkyk betref. September het ons vir ‘n week heerlik by Tava Lingwe, tussen Vredefort en Viljoenskroon, gaan kamp. Dit het ons die geleentheid gegee om elke dag voëls te kyk en wat ‘n plesier was dit nie – ongeag die wind wat ons soms amper weggewaai het. Ongelukkig het baie die geleentheid om weer te kon rondry, aangegryp om kinders en familie te besoek, en was die groepie wat die Saterdag voëls gekyk het klein, maar het dié wat daar was, dit steeds geniet. 

 

 

Aan die einde van die dag kon ons tien nuwe spesies op Tava Lingwe se voëllys byvoeg. Hulle lys, wat twee jaar gelede deur Feathers-voëlklub begin is, staan nou op 66. As in ag geneem word dat daar geen damme (watervoëls) op die plaas is nie, en dat die somerbesoekers ook nog nie almal terug is nie, behoort ‘n besoek in die somer nog ‘n paar spesies by te voeg. Besoekers aan Tava Lingwe kan die voëllys by die kantoor kry. Só lyk Feathers se byeenkomste vir Oktober: Uitstappie: Attie Koekemoer het Feathers-voëlklub genooi om Koedoeslaagte Trail Park, 12 kilometer buite Parys, hierdie Saterdag, 24 Oktober, te besoek. Persone wat wil saamgaan, vertrek om 06:30 vanaf Pick n Pay se parkeerterrein. Bring jou verkyker, piekniekmandjie, ‘n stoel en jou masker saam. Omdat Koedoeslaagte aan die rivier lê, kan jy maar anti-gogga muti inpak. Daar is ‘n toegangsfooi van R25 per persoon betaalbaar (normaalweg R50). Byeenkoms: Feathers se eerste byeenkoms sedert Februarie vanjaar, word op Donderdag, 29 Oktober by Dolco Elektries in Buitenstraat gehou. By die geleentheid wat om 18:30 begin, sal Jan Fourie gesels oor die voëls wat hy gedurende die grendeltydperk gesien het. Die Covid-reëls geld steeds. Bring asseblief jou masker saam. Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754/082 820 4306 of Peter Killian by 083 625 8100 gekontak word.

Related Articles

Back to top button