NewsNews

Boerevereniging wil kyk na kameras by dorpsingange

Boerevereniging wil kyk na kameras by dorpsingange

Die Koepel Boerevereniging wil poog om ook kameras by die ingange na Vredefort op te sit om so te help om misdaad te voorkom, en verdagtes en voertuie wat by misdaad betrokke is, te identifiseer.

Die voorstel kom nadat kameras reeds ’n geruime tyd met groot sukses in die Vredefort Koepel gebruik word. Die gevolg is dat die Vredefort Koepel steeds bestempel word as een van die veiligste plekke in die land. Naas die kamerastelsel, is die samewerking tussen bure, ’n op-en-wakker misdaadvoorkomingspan en die buurtwagstelsel deel van die wenresep waarmee misdaad in die Vredefort Koepel vasgevat word.

Dit is gehoor uit die Koepel Boerevereniging se jaarverslag wat tydens dié vereniging se algemene jaarvergadering voorgehou is. Die vergadering is gehou by Dimalachite River Lodge met ’n groot persentasie grondeienaars, nuwe lede en belangstellendes wat die vergadering bygewoon het. Die Koepel Boerevereniging verteenwoordig meer as 100 grondeienaars in die Vredefort Koepel en omliggende areas. By die vergadering het Turris, ‘n prokureursgroep wat mense wat deur plaasaanvalle geraak is, bystaan met die regsproses, met die boere kom gesels. Gladiator Security Services het meer kom vertel oor hul sekuriteitsfirma en mediese bystand wat gebied kan word.

Die Koepel Boerevereniging bestuur het inwoners en sakelui van Vredefort gevra om in te koop by die kamera-projek. Mense wat meer besonderhede wil hê is welkom om te gesels met Juan Greeff by 079 874 1860, of juan@koepelboere.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button