NewsNews

Padtekens kort dringend aandag

Padtekens kort dringend aandag

Gazette berig reeds ’n geruime tyd oor die swak toestand van padtekens in Parys – sommige afwesig, ander toegegroei of totaal onleesbaar.
Die afgelope naweek het Security Master begin om van die takke weg te snoei waaragter stop- en toegeetekens versteek is.
AfriForum het ook al reeds ’n hele paar stoptekens op eie koste en inisiatief in die dorp vervang.

Maar dit is nie net die padtekens wat dringende aandag moet kry ter wille van padgebruikers se veiligheid nie.
Ook die afwesigheid van talle padmerke sal indringende aandag van die munisipaliteit moet kry.

Die gevaar van versteekte stoptekens agter boomtakke is duidelik sigbaar.

* In nog ’n gemeenskapsprojek wat aangepak word sal daar Sondag, 1 November van 11:00-12:00 en van 12:00-13:00 by die ou en nuwe begraafplaas onderskeidelik sekuriteitsbeamptes wees sodat mense met gemoedsrus die grafte van geliefdes kan besoek sonder om te vrees vir hul veiligheid.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button