NewsNews

Sakeliga wil verskil maak in dorp se diensleweringskwessies

Sakeliga wil verskil maak in dorp se diensleweringskwessies

 

Munisipale dienslewering sal voortaan ook in die Parys gemeenskap aangespreek word deur die organisasie, Parys Sakeliga, wat deur ’n groep sakelui en inwoners van Parys, gestig is. Die stigting is gedoen met die hulp van Sakeliga, as nasionale strategiese vennoot.

Die organisasie is ’n gemeenskapsorganisasie vir die gemeenskap wat funksioneer sonder winsoogmerk, en wat vanuit sy affiliasie met Sakeliga, in staat is om regsaksie en projekte strategies te kies sodat dit vir die dorp verligting kan bring, maar ook deel kan vorm van ’n sterk, strategiese bloudruk wat ander gemeenskappe in soortgelyke situasies kan bevoordeel. Volgens Ernst Vorster, hoof van plaaslike sakeligas en affiliasies by Sakeliga, is ’n sakeliga meer as ‘n tradisionele sakekamer, maar ook meer as ‘n tradisionele gemeenskapsorgansisasie.

Hy sê Sakeliga voorsien bloot ‘n getoetste model waarin gemeenskappe hulself kan organiseer, self besluite kan neem en hulself kan bestuur, maar met die voordeel dat hulle op ‘n nasionale kennispoel kan reken.

Parys Sakeliga se bestuurslede hier saam met Sakeliga se bestuur na afloop van hul werkswinkel. Van links is: Robert Thompson, Suleen Peens, Bernard Nel, Piet le Roux (uitvoerende hoof: Sakeliga), Rudolf Peens, Ernst Vorster (hoof: plaaslike Sakeligas en Affiliasies) en Stefan Scheepers. Foto: Verskaf

Parys Sakeliga se amptelike opening word tydens ’n gemeenskapsvergadering op Donderdag, 12 November om 18:30 by die AfriDome in Allenbystraat gehou. Sakeliga nooi die gemeenskap om saam te kom bou aan ‘n plan vir Parys, en aan te sluit by die organsiasie. Die stigting vorm deel van Sakeliga se strategiese uitbreiding op plaaslike vlak om gesamentlik die sterkste sakegemeenskap in Suid-Afrika te vorm, en tradisionele sakekamers ‘n reeks oplossings te bied om hul sakegemeenskap te verenig, tesame met ondersteuningsdienste. Regsadvies en -strategie sal onder meer met die nuutgestigte sakeliga tydens ‘n werkswinkel bespreek word om opsies vir onmiddelike probleme te evalueer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button