News

Daar is beterskap!

Net meer as ‘n week na die ernstige motorongeluk waarin Marné Prinsloo betrokke was op die h/v Kort- en Uniestraat in Parys, is daar beterskap. Marné is van die ventilator afgehaal en die voedingsbuis is ook vandag uitgehaal. Haar oë is oop en sy kon begin eet. Sy het haar mense herken en reageer op …

Net meer as ‘n week na die ernstige motorongeluk waarin Marné Prinsloo betrokke was op die h/v Kort- en Uniestraat in Parys, is daar beterskap. Marné is van die ventilator afgehaal en die voedingsbuis is ook vandag uitgehaal. Haar oë is oop en sy kon begin eet. Sy het haar mense herken en reageer op hul vrae, hoewel sy nog baie swak is.

Marné het baie ernstige kopbeserings in die ongeluk opgedoen en het bloeding op die brein. Twee van haar rugwerwels is ook gebreek.

Sy is steeds in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. Marné was ‘n oudskolier van Hoërskool Parys en het vanjaar in Potchefstroom haarkappery begin studeer.

Die gesin sê baie dankie vir almal wat sedert die ongeluk getrou vir Marné gebid het en hulle ondersteun het op soveel maniere.  

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button