News

Twee ernstig beseer na waterponie en boot bots

Twee ernstig beseer na waterponie en boot bots

‘n Man en vrou in hul veertigs is vanmiddag (Saterdag 17 Oktober)  ernstig beseer by Vaal Marina nadat die snelboot waarmee hulle op die Vaaldam gery het, en ‘n waterponie gebots het. Volgens ‘n Netcare 911 verslag het die vrou ‘n kopbesering, en die man verskeie ander beserings opgedoen.

Noodhelikopters het die twee ernstig beseerde pasiënte van die toneel vervoer. Die ander insittendes van die boot het minder ernstige beserings gehad en is op die toneel behandel.

Volgens ‘n Netcare 911 woordvoerder het vyf mense ook vandag in die Vaalrivier verdrink toe hul boot omgeslaan het by ‘n toneel naby Spider Valley-weg.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button