News

Pad na herstel nog baie lank vir dokterspaar

Pad na herstel nog baie lank vir dokterspaar

Die pad na herstel vir dr. Eugene Campher, en sy vrou, Lera is nog ’n baie land en opdraande pad. Die hoop is dat dr. Campher dalk vandag uit die hospitaal ontslaan sou word en dan sal voortgaan met ’n tuis rehabilitasieprogram. Lera sal egter nog ’n tyd lank in die hospitaal wees en is tans in die intensiewe sorgeenheid. Dit is nou reeds bykans drie maande dat die dokterspaar ’n pad met hul gesondheid loop. Dankie aan elkeen wat hulle getrou met boodskappe en gebede ondersteun. Die egpaar het baie diep in die gemeenskap se harte gekruip sedert dr. Eugene op 1 November 2019 sy spreekkamer in Parys geopen het.  

Related Articles

Back to top button