EntertainmentNewsNews

Parys hou fees dié naweek

Die jaarlikse Parys Dome Adventure Festival wat vanaf Vrydag 6 tot Sondag 8 November by die Afri Dome in Parys en ander bestemmings in die omgewing aangebied word, beloof om inwoners en duisende besoekers van elders goeie vermaak en opwindende buitelug aktiwiteite te bied

Die jaarlikse Parys Dome Adventure Festival wat vanaf Vrydag 6 tot Sondag 8 November by die Afri Dome in Parys en ander bestemmings in die omgewing aangebied word, beloof om inwoners en duisende besoekers van elders goeie vermaak en opwindende buitelug aktiwiteite te bied. Daar sal iets wees vir oud en jonk. Hier is in ’n  neutedop wat elke feesdag jou vanjaar bied:
Vrydag 6 November
Die fees skop af met die gewilde Babakompetisie aangebied deur Fairies & Angels, Mnr & Mej Dome, ’n  2-dag Golftoernooi by Vaal de Grace Golf Estate en laatmiddag – ’n  splinternuwe 24km Mountain Bike Dual aangebied deur Anatomic Sportswear. Aktiwiteite wat deurlopend vanaf Vrydag tot Sondag aangebied word is lekker-koop stalletjies en fees-aktiwiteite by die Afri Dome, Tandem-lugspronge by die Parys-vliegveld, White Water Rafting op die Vaalrivier asook ’n  Selfry 4 X 4-baan by Stonehenge.
Die Rock Show Vrydagaand sluit kunstenaars soos Dusty Dixon, Lianie May, Jay en Dewald Wasserfall in.
Saterdag 7 November
Die bekende kaskarresies word weer deur die Primêre Skool Parys gereël met leerderspanne vanaf Grade 1 tot 3 en Grade 4 tot 6. Hierna sal die Le Riche Extreme Show besoekers beslis na hul asems laat snak met hulle waaghalsige motorfiets-toertjies. ’n  Spesiale damesprogram, Dome Warrior Sprint, Dome Talentkompetisie en vele meer vind ook by die Afri Dome plaas. Die immergewilde Off-road Rally vir 4-wiel motorfietse, veldfietse en motors word by die Parys-vliegveld omgewing aangebied.
Die Rock Show Saterdagaand bied Robbie Wessels, Nagelique, Alwyn Oberholster, Marulaboom, Jennifer Zamudio, Riana Nel, Marcato, Zandré en die gewilde Bobby van Jaarsveld aan.
Sondag 8 November
Fees-aktiwiteite verskuif na elders in-en-om Parys. By die Parys Golf & Country Estate-terrein sal die Parys Boogskietklub ’n  kompetisie aanbied terwyl die baie gewilde Dragon boot resies vir groot opwinding en pret hier sal sorg. Die Kajak Rodeo aangebied deur Real Adventures en White Water Training vind by Sunwa River Lodge plaas terwyl veldatlete die uitdagende veldrenroetes op Deelfontein in die Vredefort Koepel kan hardloop.
Toegang by die Afri Dome feesterrein vir Vrydag kos Volwassenes R100 / Kinders R50
Saterdag – Volwassenes R150 / Kinders R70
Parys Golf & Country Estate : Sondag – R25 per persoon
Vir navrae skakel 056 811 4000. Inligting oor die fees is beskikbaar op www.domefest.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button