NewsNews

Somerkersfees bring vreugde

Dit is dalk nie vir alle mense beskore om Kersfees ’n lekker ete en ’n geskenkie te ontvang nie. Daarom sal daar ’n groot Somerkersfees gehou word vir almal wat dit dalk nie kan bekostig nie.

Dit is dalk nie vir alle mense beskore om Kersfees ’n lekker ete en ’n geskenkie te ontvang nie. Daarom sal daar ’n groot Somerkersfees gehou word vir almal wat dit dalk nie kan bekostig nie.
Die Somerkersfees is ’n gemeenskapsprojek wat op Saterdag 28 November by die Gereformeerde Kerk sal plaasvind. Gemeentelede van alle kerke word genooi om deel te neem aan hierdie groot projek. Daar sal iets lekkers te ete wees vir almal, maar soveel moontlik mense se hulp en ondersteuning word gevra vir die projek.
Alwyn met sy buikspraakpop, Elvis, gaan ook daar wees om die kinders te vermaak. ’n Borg word nog gesoek vir die springkasteel.
As jy graag wil bydra tot die projek, of selfs behulpsaam wil wees, skakel vir Estie van der Merwe by 072 927 0015 of 056 811 3024. Sy het elke hand en elke oop beursie nodig om hierdie  projek suksesvol te maak en heelwat kinderhartjies gelukkig te maak.

Related Articles

Back to top button