NewsNews

Uitdagings van bejaardesorg onder die vergrootglas

Sowat 130 belangstellendes het onlangs ’n konferensie in Parys bygewoon waar gekyk is na die tendense en uitdagings in die versorgingsbedryf van ouer persone vandag, en nuwe opsies vir die volhoubaarheid van langtermynversorging. Die konferensie was by Sunwa gehou en is aangebied deur Vrystaat Versorging in Aksie.

Sowat 130 belangstellendes het onlangs ’n konferensie in Parys bygewoon waar gekyk is na die tendense en uitdagings in die versorgingsbedryf van ouer persone vandag, en nuwe opsies vir die volhoubaarheid van langtermynversorging. Die konferensie was by Sunwa gehou en is aangebied deur Vrystaat Versorging in Aksie.
Konferensiegangers was die eerste om die aanbevelings van die Menseregte Kommissie oor Ouer Persone te hoor.
Verskeie sprekers het deelgeneem.
Onder hulle was Syd Eckley, ’n maatskaplike werker in private praktyk met ’n wye ervaring en kundigheid binne sy beroep. Hy is veral bekend vir sy kundigheid rondom bejaardesorg-aangeleenthede weens onder meer sy jarelange betrokkenheid as hoofdirekteur van die SA Raad vir bejaardes en stigterslid van die Gerontologiese Vereniging.
Hy is dan ook ‘n lid van die Seksie 11 Kommissie van die Menseregte Kommissie oor die beweerde sistemiese mishandeling van ouer persone, en is tans lid van die taakspan om aanbevelings te prioritiseer en die implemeteringsproses te monitor.
Volgens Eckley het die Kommissie reeds twee nasionale verhore in 2013 oor die onderwerp gehou. Daar is 32 uitdagings geïdentifiseer. Probleme wat geïdentifiseer is, sluit in onder meer die implementering van die Wet op Ouer persone, ongeregistreerde versorgingsfasiliteite vir bejaardes, versorgers wat nie behoorlik opgelei is nie, onvoldoende finansiering van bejaardesorgfasiliteite van nie-regeringsorganisasies, en ’n behoefte aan voldoende doeke en medikasie.
Lea Smith,  gekwalifiseerde maatskaplike werker en gewese adjunk-direkteur in die provinsiale kantoor van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling, het gesê dat die aanbevelings van die Kommissie gerig is op al die departemente wat by die ondersoek betrokke was.
Alle plekke wat bejaardes huisves en diens lewer, moet binne 12 maande na die verslag vrygestel is, registreer. Die departement moet ook binne 6 maande na die verslag vrygestel is, per omsendskrywe van al sy departementele kantore inligting kry oor  versorgingsfasiliteite, voeding, personeel, mediese voorraad, suurstof en dies meer. Aan die hand van hierdie inligting moet die departement dan voldoende fondse aanvra uit die volgende begroting, met inagneming van inflasiekoers.
Dan moet die Departement Maatskaplike Ontwikkeling ‘n strategie ontwikkel vir die behoorlike opleiding in bejaardesorg van mediese personeel en versorgers, ten einde mishandeling van bejaardes te voorkom. Die departement moet ook toesien dat alle bestaande bejaardesorgfasiliteite wat gesubsidieer word, teen die einde van 2015 geregistreer is. Alle nuwe behuisingskemas vir bejaardes of aftreeoorde moet ook in die toekoms geregistreer word.
Prof Jaco Hoffman, ‘n gerontoloog, het gewys op die realiteit van bevolkingstendense en dat die huidige westerse modelle van versorging (veral residensiële versorging) nie in die toekoms volhoubaar gaan wees nie. Die totale stategie vir die versorging van ouer persone moet gerig wees op die netwerke tussen departemente, munisipaliteite en nie-regeringsorganisasies om die behoeftes van bejaardes binne die gemeenskap op volhoubare wyse aan te spreek.
Op sy beurt het prof. Theo Venter, ’n politieke en beleidspesialis aan die Potchefstroomse Besigheidskool oor leierskap en bestuur van toekomstige versorging gepraat. Volgens prof. Venter is geen verandering volhoubaar as mense nie hul denkwyses verander nie. Leiers word soms verblind deur eie insig en wil nie feite raaksien nie. “Sometimes when things are falling apart, they may actually be falling in place” het hy gesê.
Volgens die 2015 aanduidings van Sanlam se navorsing, lyk die finansiële sekuriteit van bejaardes nie baie rooskleurig vir die toekoms nie.
Naomi Maloba, waarnemende Direkteur van die Direktoraat: Bejaardesorgdienste Departementele Maatskaplike Ontwikkeling het gekyk na uitdagings wat die Departement het in die implementering van die Wet op Ouer Persone 2006. Sy het genoem dat die voorgestelde wysigings van die Wet binnekort beskikbaar gaan wees vir kommentaar voor dit waarskynlik volgende jaar voor die kabinet sal dien.

Related Articles

Back to top button