CommunityCommunityNewsPhoto Galleries

Parysenaar is SA se voorste stoetteler

'n Parysenaar spog vanjaar met die toekenning as die land se voorste stoetteler. Simbra-teler Hennie Viljoen van die plaas Vlensburg, het dié spog toekenning ontvang tydens die jaarlikse Vleisbeesskool van Breedplan, Landbouweekblad en die Lewendehawe Registrerende Owerheid (LRF) by Aldam in die Vrystaat.

‘n Parysenaar spog vanjaar met die toekenning as die land se voorste stoetteler. Simbra-teler Hennie Viljoen van die plaas Vlensburg, het dié spog toekenning ontvang tydens die jaarlikse Vleisbeesskool van Breedplan, Landbouweekblad en die Lewendehawe Registrerende Owerheid (LRF) by Aldam in die Vrystaat.
Die toekenning as Suider-Afrikaanse Stoetteler van die jaar 2015 word geborg deur Pick n Pay en is ’n landwye kompetisie.

Met die kompetisie word gekyk na produksie in ’n teler se totale kudde, met vrugbaarheid as die grootste kriteria, dit wil sê ’n kudde wat aaneenlopend jaar na jaar hoë kalfpersentasie, speengewig en herbesettingsyfers verkry.
“Om hierdie potensiaal van ’n kudde te ontsluit is goeie weidingsbestuur en voervloeibeplanning noodsaaklik. ’n Teelkoei moet reg deur die jaar genoeg kos kry om ’n gesonde kalf in die wêreld te bring, die kalf groot te maak en terselfdertyd weer dragtig te raak om die hele proses die volgende seisoen te herhaal,” gesels Hennie.
Teelwaardes (soos bereken deur Breedplan) word ook in ag geneem met die klem op die vordering wat gemaak word met ekonomies belangrike eienskappe soos die verhoging van speengewig, sonder om geboortegewig te laat toeneem.
Hennie is reeds 47 jaar lank in die stoetveebedryf en boer met Simbras. Hy het in 2009 ook die Breedplan/Landbouweekblad eerste prys verwerf as SA Stoetteler van die Jaar: Simbra-ras.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button