News

Wind dryf verwoestende vlamme

Wind dryf verwoestende vlamme

 

Nagenoeg 1 100 ha weiding is oor die naweek in die Kopjeskraal-omgewing afgebrand nadat ’n brand Saterdagoggend aan die westelike kant van Kopjeskraal begin woed het. Sterk wind het die vlamme genadeloos aangedryf oor die hele Kopjeskraal-gebied in ’n oostelike rigting tot teen die Parys/Potchefstroom-pad. Toe reeds het die droë veld, wind en tekort aan nog vuurvegters en radio’s gou daarop gedui dat daar gesukkel sou word om die verwoestende effek van die brand te keer, het Sarel van der Wat, gebiedshoof van Vaalrivier Roepgroep 6/Rooikat, gesê.

Die situasie is boonop vererger deur ’n tweede brand wat laat Saterdagoggend in die omgewing van Rondekop van die Parys/Potchefstroom-pad se kant af begin brand het. Die brand kon gestop word langs die Umfula Wildsplaas. Teen laatmiddag was die brand by Kopjeskraal ook onder beheer en is gewaarsku dat grondeienaars brandlyne minstens 2m binnetoe moet maak en skoonmaak, uit vrees dat die brand weer sou begin woed.

Teen Sondagoggend het dit inderdaad weer begin brand terug in ’n westelike rigting met wind wat teen 46km/h gewaai het. Naas weiding het ’n stoor ook gebrand en drie kallers doodgebrand, terwyl verskeie koeie ook brandwonde opgedoen het. Met die brand langs die Parys/Pothefstroom-pad is nagenoeg 500ha se weiding afgebrand. Van der Wat het sy dank uitgespreek teenoor almal wat reeds na die noodroep vir voer vir die boere wat groot skade gelei het met die naweek se brande, gehelp het met voerskenkings.

 

Dankie ook aan lede van Working on Fire, Roepgroep 6 en 7 se lede, die boeregemeenskap, We Care en enigeen wat dalk nie hier genoem is, wat hulp verleen het. Van der Wat sê dat die naweek se verwoesting weer gewys het hoe nodig dit is om ook geordende strukture met sterk leierskap in die Kopjeskraal-gebied gevestig te kry.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button