NewsNews

Kabeldiefstal: Dit is wat dit vir internetgebruikers gaan beteken

Telkom-kliënte wat tans nie internet het nie weens die naweek se diefstal van Telkom telefoon- en internetkabels, sal na verwagting eers vroeg volgende week, moontlik Dinsdag of Woensdag weer hul dienste herstel hê. Dit raak veral Parys kliënte in die omgewing van Grensstraat, Breëstraat, Loopstraat en Ockert van Rooyen straat. Ander gedeeltes in die dorp …

Telkom-kliënte wat tans nie internet het nie weens die naweek se diefstal van Telkom telefoon- en internetkabels, sal na verwagting eers vroeg volgende week, moontlik Dinsdag of Woensdag weer hul dienste herstel hê.

Dit raak veral Parys kliënte in die omgewing van Grensstraat, Breëstraat, Loopstraat en Ockert van Rooyen straat. Ander gedeeltes in die dorp wat na Sondag se diefstal sonder telefoon en internetverbinding was, veral na die hospitaal se kant toe, is intussen herstel. .

Die kabels wat op 2 plekke Sondagnag gesteel is, is  wel Dinsdag vervang, maar sowaar weer Woensdagnag  gesteel. Enorme verliese vir Telkom en groot ontwrigting vir kliënte.

  • Intussen is daar ook vanoggend kragprobleme aangemeld in die sentrale sakegebied in die omgewing van Loop- en Philipstraat. Die probleem lê by ‘n transformator, waarvoor daar nou olie gaan haal is as tydelike oplossing totdat dit vervang kan word. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button