News

Telkom kabels loop weer deur

Telkom kabels loop weer deur

Van die Telkom  telefoon/internetkabels wat vroeër vandeesweek vervang is na die naweek se kabeldiefstal, is sowaar weer Woensdagaand gesteel.

Dit nadat daar  Sondagnag op twee plekke in die dorp Telkom kabel gesteel is. Die gevolg is dat daar gedeeltes steeds sonder internet is.

“Die diefstal gebeur reg onder ons neuse. Daarom word gevra dat mense dit asseblief onmiddellik sal rapporteer wanneer hulle iets verdags sou opmerk. Dit sluit in ‘n vreemde gegrawe op sypaadjies wat nie deur ’n duidelik identifiseerbare instansie gedoen word nie, kabelmangate wat skielik oop is, vreemde bewegings of voertuie in jou omgewing, of selfs die aanhoudende geblaf van honde in ’n sekere omgewing. Moenie die persoon wat jy sou opmerk gaan konfronteer of self gaan probeer ondersoek instel nie. “Skakel dadelik We Care by 082 629 1553, of jou naaste polisiestasie, (Parys) by 063 822 9674 en rapporteer dit,” sê Telkom. Geen inligting is ooit waardeloos nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button