News

Jeuggroep bid saam vir Marné

Die AGS Sion-gemeente se jeuggroep, Lifted, kom vanmiddag om 15:00 saam met die gemeenskap van Parys byeen by die Hoërskool Parys se sportgronde waar daar vir ‘n oudleerling van dié skool, Marné Prinsloo gebid sal word. Marné was Maandag 12 Oktober in ‘n baie ernstige motorongeluk op die h/v Kort- en Uniestraat betrokke. Sy is …

Die AGS Sion-gemeente se jeuggroep, Lifted, kom vanmiddag om 15:00 saam met die gemeenskap van Parys byeen by die Hoërskool Parys se sportgronde waar daar vir ‘n oudleerling van dié skool, Marné Prinsloo gebid sal word.

Marné was Maandag 12 Oktober in ‘n baie ernstige motorongeluk op die h/v Kort- en Uniestraat betrokke. Sy is steeds uiters kritiek in die trauma-eenheid van die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. Marné het ernstige hoofbeserings, bloeding op die brein en twee van haar rugwerwels is gebreek. Sy word tans onder sedasie gehou tot Vrydag waarna dokters sal besluit oor die pad vorentoe. ‘n Breinskandering sou ook na verwagting vandag weer gedoen word.

Marné is  ‘n student by The Hair Academy of South Africa (Thasa) in Potchefstroom.

As jy vanmiddag saam wil bid vir Marné, onthou om jou masker saam te bring. Registrasie met Covid-19 protokol geld en vind plaas vanaf 14:30 waarna daar om 15:00 vir Marné gebid sal word by die Hoërskool sportgronde.

Selfs al kan jy nie fisies daar wees vanmiddag nie, bid saam met haar vriende, waar jy ookal is

Vir Marné gaan die pad na herstel baie lank wees wat ook groot uitgawes meebring. Mense wat dalk voel om by te dra om ook op hierdie manier, ongeag hoe gering, die gesin te ondersteun, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

HJA Prinsloo, Standard Bank, Parys, Spaarrekening 148067425

Dankie aan elkeen wat die gesin in gebed en op soveel ander maniere deur gebare van omgee sedert Maandag ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button