News

Walkerville vrou vas oor moord op Britse besoeker

Walkerville vrou vas oor moord op Britse besoeker

’n Vrou van Walkerville het Maandag 12 Oktober in die landdroshof in Vereeniging verskyn in verband met die moord op ’n Britse burger.

Zaheera Boomgaard is Vrydag in Gauteng in hegtenis geneem op die moord van Jamnadas Harkant Nathvani (71), ’n Britse man wat sedert Mei vermis is, sowel as die van Lynette Mustapha, ’n vriendin.

Nathvani  het na bewering aan die begin van die jaar na Suid-Afrika gereis het om ’n vrouevriend in Newcastle in KwaZulu/Natal te gaan ontmoet.

Hy het in Johannesburg geland maar op pad na Newcastle vermis geraak.

Nathvani is glo die laaste keer op 22 Februarie gesien toe hy ’n bus van Parkstasie in Johannesburg na Newcastle gehaal het.

Sy dogter het onraad vermoed, navraag begin doen en die polisie gevra om te help.

Nathvani se verkoolde lyk is later gevind.

Die lyk kon slegs aan sy tande uitgeken word.

‘n Deurbraak in die saak het volgens brig. Leonie Ras, hoof van die polisie se forensiese ondersoekeenheid, gekom nadat die verkoolde lyk van ‘n vrou in Walkerville gevind is en as dié van Lynette Mustapha – ’n vriendin van Boomgaard – geïdentifiseer is met behulp van vingerafdrukke.

Hierdie ontdekking het glo ook tot die ontdekking van Nathvani se lyk gelei. Boomgaard word verder ook ondersoek vir die verdwyning van John Naisby (83), ’n man wat haar oor die internet ontmoet het toe sy destyds as Zaheera Wookey bekend gestaan het.

Naisby het in 2012 van Kaapstad af gereis om haar te kom ontmoet nadat hulle vroeër per Facebook en e-posse gekommunikeer het. Boomgaard het glo tydens ondervraging gesê dat sy Naisby by Eastgate Mall afgelaai het.

Jamnadas Harkant Nathvani (71) het vroeër vanjaar na Suid-Afrika gereis om ‘n vrou wat hy oor die internet ontmoet het in Newcastle te gaan ontmoet. Foto: Verskaf
John Naisby (83) wat in 2012 vermis geraak het nadat hy van die Kaap na Johannesburg gereis het om Zaheera Wookey (soos Zaheera Boomgaard destyds bekend gestaan het) te ontmoet. Foto: Verksaf

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button