NewsNews

Nege pitbull honde uitgesit nadat baba doodgebyt is

Nege pitbull honde uitgesit nadat baba doodgebyt is

VEREENIGING. – Een van die twee pitbull honde wat op Sondag 4 Oktober ‘n sewe weke oue baba doodgebyt het, het pas sewe baba hondjies gekry.

Dit kan moontlik die teef se aggressiewe gedrag verklaar.

Marlien de Klerk, bestuurder by die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark, het bevestig dat die twee honde wat by die aanval betrokke was, sowel as die teef se sewe kleintjies op versoek van die familie van kant gemaak is.

Die polisie het ’n nadoodse ondersoek gelas nadat ’n babadogtertjie van Vereeniging op Sondag 4 Oktober deur haar ouers se twee pitbull honde doodgebyt is.

Kapt. Fikile Funda, ’n woordvoerder van die polisie in Vereeniging, het by navraag gesê die uitslag van die nadoodse ondersoek sal bepaal of die ouers, Zan-Mari van Zyl (21) en Riekert Harmse (23), strafregtelik vervolg sal word, aldan nie.

Die polisie het die verpletterde ouers verlede week  die spasie gegun om van die sewe weke oue Zané Mari afskeid te neem.

Verklarings sal binnekort afgeneem sal word.

’n Roudiens is Vrydag by die AGS Nuwe Begin-gemeente in Vereeniging gehou wat deur past. Gert Prinsloo waargeneem is.

Na die diens het die ouers van Zané Mari afskeid geneem deur ’n bos helderpienk ballonne in die lug los te laat. Rouklaers het toe wit rose op die klein kissie neergelê.

Daar is in ’n dagblad berig dat Zané Mari op haar ouers se bed gelê en slaap het toe sy tussen 15:00 en 16:00 deur die honde aangeval is.

Die ma het aan media vertel dat sy die babadogtertjie hoor huil en toe die honde se pote op die houtvloer gehoor het.

Toe sy by die slaapkamer instap, het sy die twee pitbulls bo-op haar kind gekry.

Die kind het glo op pad na die hospitaal aan beserings beswyk.

.

Die sewe weke oue Zané Mari wat deur twee pitbulls doodgebyt is. Foto: Facebook

Nege pitbull honde uitgesit nadat baba doodgebyt is

Related Articles

Back to top button