NewsNews

So hartseer, so na aan die huis

Bid asseblief vir Marné

Jy verwag nie dat jou kind so na aan jou huis so seer sal kry nie. Só het kapt. Henk Prinsloo gister gesê nadat sy  jongste dogter, Marné, gisteroggend (Maandag 12 Oktober) baie ernstig beseer is in ‘n botsing op die h/v Unie- en Kortstraat.

Marné wat haarkappery aan The Hair Academy of South Africa (Thasa) in Potchefstroom studeer, se toestand was vanoggend nog onveranderd. Sy is gister in ‘n kritieke toestand per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.

Marné, ‘n oudskolier van Hoërskool Parys, het ernstige hoofbeserings, bloeding op die brein en 2 gebreekte rugwerwels. Sy word tot Vrydag onder sedasie gehou wanneer dokters verdere besluite oor haar behandeling sal neem. Daar is al vir jare groot kommer oor dié kruising waar die botsing net na 08:00 gebeur het, met een van die Uniestraat stoptekens wat skitter in sy afwesigheid. Dit is al by herhaling gerapporteer en skaars ‘n maand gelede weer onder die munispaliteit se aandag gebring, het mnr. Danie Steenkamp aan Gazette gesê.

Met die impak van die botsing het Marné wat in Uniestraat gery het, se motor teen ‘n boom op die sypaadjie tot stilstand gekom. Sy was alleen in die voertuig.

Die motor waarmee Marné gery het.

Sybil Joubert wat in die ander voertuig was wat in Kortstraat beweeg het, is nie beseer nie. Marné se ouers, Henk en Rhona, sê dankie vir elkeen wat saam met hul gesin bid en sedert die ongeluk hulle ondersteun.

  • Verskeie kommentaar deur inwoners oor die swak toestand van verskeie padtekens en padmerke wat nie meer oral sigbaar is in Parys se strate nie, is na aanleiding van gister se berig op Parys Gazette se Facebook-blad geplaas. DA-raadslid Arnold Schoonwinkel het in sy kommentaar gesê dat hy en rdl. Andries Vrey  onlangs opnuut die kwessie oor vermiste padtekens opgeneem het,  en dat  padtekens in dorpsgebied munisipale verantoordelikheid is. 

Related Articles

Back to top button