SportSport

Pandemie kelder Duitsland-droom

Pandemie kelder Duitsland-droom

 

Twee jong atlete van Parys, Dregan Brink en Wian Pretorius, het die uitsonderlike prestasie behaal om onderskeidelik as nommer 1 en 3 gekeur te word vir die Sampa SA-span wat hul groen-en-goud verwerf vir Laser Run. ’n Prestasie wat met baie harde werk en deursettingsvermoë bereik is. Na harde ure se oefen het albei gekwalifiseer om hul land by die wêreldkampioenskappe in Duitsland te gaan verteenwoordig.

Wian Pretorius in aksie met sy lasergeweer. Foto: Verskaf

Regs op die foto is Dregan Brink op die baan. Foto: Verskaf

Weens die Covid-19 pandemie is hierdie droom, soos vir baie ander atlete, nou aan skerwe met die kampioenskappe wat weens die pandemie gekanselleer is. Om in die Sampa SA-span ingesluit te word, moes Dregan en Wian se tye en plekke reg wees. Gevolglik het ’n eerste plek atlete nie noodwendig ’n plek in die span gewaarborg nie. Dit is reeds die vyfde keer dat Dregan wat o.13 deelneem, die span haal, maar vir die 9-jarige Wian wat o.11 deelneem, sou dit vanjaar sy eerste internasionale deelname gewees het. Laser Run in Dregan se ouderdomsgroep behels dat hulle drie rondtes van 400m hardloop, en dan vyf skote na elke rondte met ’n lasergeweer skiet. Van Wian se ouderdomsgroep is verwag dat hulle twee rondtes van 400m sou hardloop, en dan vyf skote met die lasergeweer skiet ná elke rondte. Die sport vereis heelwat vernuf van atlete wat akkuraatheid en fiksheid betref.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button