News

Senekal: Polisie arresteer boer

Nog arrestasies kan volg

N 52-Jarige man van Senekal wat by Marquard boer is volgens n polisieverklaring vanmiddag in hegtenis geneem vir klagte van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Dit volg na die gebeure gister, Dinsdag 6 Oktober, by die Senekalse landdroshof waar skade aan die hofgebou aangerig en n polisievoertuig omgegooi en aan die brand gesteek is.

Die polisie sê in n verklaring verdere arrestasies mag volg.

Duisende mense van oraloor insluitend talle boere het gister by die Senekalse landdroshof saamgetrek waar 2 verdagtes voorgekom het vir die brutale moord op die 21-jarige Brendin Horner wat as voorman op n plaas in die Paul Roux omgewing gewerk het. Sy liggaam is deur sy moordenaars aan n paal vasgebind.

Die saak sal weer op 16 Oktober voorkom vir formele borgaansoeke. Die twee verdagtes bly tot dan in aanhouding.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button