News

Senekal: Polisie arresteer boer

Nog arrestasies kan volg

N 52-Jarige man van Senekal wat by Marquard boer is volgens n polisieverklaring vanmiddag in hegtenis geneem vir klagte van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Dit volg na die gebeure gister, Dinsdag 6 Oktober, by die Senekalse landdroshof waar skade aan die hofgebou aangerig en n polisievoertuig omgegooi en aan die brand gesteek is.

Die polisie sê in n verklaring verdere arrestasies mag volg.

Duisende mense van oraloor insluitend talle boere het gister by die Senekalse landdroshof saamgetrek waar 2 verdagtes voorgekom het vir die brutale moord op die 21-jarige Brendin Horner wat as voorman op n plaas in die Paul Roux omgewing gewerk het. Sy liggaam is deur sy moordenaars aan n paal vasgebind.

Die saak sal weer op 16 Oktober voorkom vir formele borgaansoeke. Die twee verdagtes bly tot dan in aanhouding.

 

 

Related Articles

Back to top button