Entertainment

Fees van klassieke Kersmusiek deur Deo Gloria-koor

Goeie nuus vir alle liefhebbers van klassieke musiek is dat die uiters gewilde Deo Gloria Kerskonsert vanjaar  op 28 November in die NG Kerk in Vredefort aangebied word.   Die Deo Gloriakoor onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, het sedert sy ontstaan in 1999 mense van oraloor beïndruk met ‘n program van gewyde en …

Goeie nuus vir alle liefhebbers van klassieke musiek is dat die uiters gewilde Deo Gloria Kerskonsert vanjaar  op 28 November in die NG Kerk in Vredefort aangebied word.

 

Die Deo Gloriakoor onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, het sedert sy ontstaan in 1999 mense van oraloor beïndruk met ‘n program van gewyde en Kersmusiek.

Die program beloof om weer vanjaar in almal se smaak te val met liedere soos Ode to Joy van Beethoven, werke van Karl Jenkins, Ding Dong Merrily on High en vele ander bekende en geliefde Kersliedere.

 

Van Suid-Afrika se grootste en bekendste klassieke kunstenaars soos Stéfan Louw, Raoul Beukes en Jacques le Roux het al hier opgetree, en vanjaar is geen uitsondering nie.  Die bekende en gewilde bariton van die groep Romanz, Adam Barnard, tree vir die eerste keer op en die gehoor kry  geleentheid om weer na sopraan Marguerite van Wyk te luister.  Instrumentale soliste sal ook gehoor word.

 

Kaartjies is beskikbaar by alle koorlede, asook by National Roadhouse (langs Koepel Slaghuis) en Koffiekan in Parys.

 

Vir meer besonderhede, skakel Annemarie Meintjes by 084 510 8656.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button