NewsNews

Brendin Horner-moord: Verdagtes weer later in hof

Die twee verdagtes wat vanoggend in die Senekalse landdroshof verskyn het vir die moord op Brendin Horner (22), sal weer op 16 Oktober in die hof wees wanneer hulle dan na verwagting sal  aansoek doen om borg.  Tot dan bly hulle in aanhouding. Die mans, onderskeidelik 43 en 32 jaar oud, is Saterdag in die …

Die twee verdagtes wat vanoggend in die Senekalse landdroshof verskyn het vir die moord op Brendin Horner (22), sal weer op 16 Oktober in die hof wees wanneer hulle dan na verwagting sal  aansoek doen om borg.  Tot dan bly hulle in aanhouding.

Die mans, onderskeidelik 43 en 32 jaar oud, is Saterdag in die Fateng Tse Ntsho-woonbuurt in Paul Roux gearresteer.

Die vermoorde Horner het as voorman by die Bloukruin-boerdery in die Paul Roux-omgewing gewerk.

Sy lyk is Vrydagoggend gekry waar dit deur sy moordenaars aan ‘n paal vasgemaak is.

Duisende mense het vanoggend voor die Senekal landdroshof saamgetrek waar 2 mans in die hof verskyn het vir die moord op Brendin Horner. Foto’s: Parys Gazette

Duisende mense vanoor die land het vanoggend by die Senekalse landdroshof bymekaar gekom om hul standpunt teen geweldsmisdade en spesifiek die moord van boere en plaaswerkers te wys. Die boodskap was duidelik  oral op plakkate te sien – “Dit stop hier”

Van die boodskappe wat op sosiale media versprei is die afgelope week.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button