Brendin Horner-moord: Verdagtes weer later in hof
Die twee verdagtes wat vanoggend in die Senekalse landdroshof verskyn het vir die moord op Brendin Horner (22), sal weer op 16 Oktober in die hof wees wanneer hulle dan na verwagting sal aansoek doen om borg. Tot dan bly hulle in aanhouding. Die mans, onderskeidelik 43 en 32 jaar oud, is Saterdag in die …

Die twee verdagtes wat vanoggend in die Senekalse landdroshof verskyn het vir die moord op Brendin Horner (22), sal weer op 16 Oktober in die hof wees wanneer hulle dan na verwagting sal aansoek doen om borg. Tot dan bly hulle in aanhouding.
Die mans, onderskeidelik 43 en 32 jaar oud, is Saterdag in die Fateng Tse Ntsho-woonbuurt in Paul Roux gearresteer.
Die vermoorde Horner het as voorman by die Bloukruin-boerdery in die Paul Roux-omgewing gewerk.
Sy lyk is Vrydagoggend gekry waar dit deur sy moordenaars aan ‘n paal vasgemaak is.


Duisende mense vanoor die land het vanoggend by die Senekalse landdroshof bymekaar gekom om hul standpunt teen geweldsmisdade en spesifiek die moord van boere en plaaswerkers te wys. Die boodskap was duidelik oral op plakkate te sien – “Dit stop hier”





