News

Bloedtekort kritiek

JY kan ʼn verskil maak deur bloed te skenk!

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het tans ‘n kritieke bloedtekort. ‘n Beroep word op skenkers gedoen wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, om asseblief  bloed te skenk wanneer die mobiele skenkerskliniek weer Dinsdag 13 Oktober van 12:00 tot 18:00 by die kerksaal van die Hervormde Kerk in Parys sal wees. Die bloeddiens se doel is om 5 dae se voorraad te handhaaf, deur 3 000 eenhede daagliks in te samel om aan die vereistes te voldoen. Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:

  • Wees tussen die ouderdom van 16-75 jaar
  • Weeg meer as 50kg
  • Geniet goeie gesondheid
  • Leef ʼn veilige seksuele leefstyl.

Die bloeddiens sê dankie aan elke skenker wat gereeld ‘n bydrae lewer. Streng maatreëls word deur die Bloeddiens gevolg om die veiligheid van skenkers te verseker. Help die Bloeddiens  om ‘n bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button