News

Laaste groet vir oudpolisieman en troue vriend

Laaste groet vir oudpolisieman en troue vriend

 
 
 
Liezl Scheepers
“Vandag is oulaas groet oom Braam. Sag het jy gegaan in jou slaap met hulle wat vir jou lief was by jou. Jou motorfiets sal nie weer deur die dorp se strate ry nie, en Lulu, jou honde-maat is nie meer aan jou sy nie. Maar ons weet jy’s stil-tevrede.”
Braam Augustyn, ’n jarelange Paryenaar en oudpolisieman is op Vrydag 25 September aan ’n hartaanval by sy huis oorlede. Hy was 74. Die troosdiens is vanoggend om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos.
Braam was die afgelope 8 jaar tot einde 2019 voorsitter van die Parys Bond van Oudpolisie Beamptes. Dit is hier waar hy dikwels die ekstra myl vir ander sou loop om te help waar ookal hy kon. In hul boodskap van medelye het die Bond geskryf: “Ons sal sy liefde, omgee en sin van humor altyd onthou. Ons innige meegevoel met sy kinders en familie.”
Vir Braam was sy familie, sy diere en sy vriende die hartklop van dit waarvoor hy geleef het. Mag jy sag rus oom Braam.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button