News

Watertragedie eis die lewe van ‘n kind

Watertragedie eis die lewe van 'n kind

 

‘n Veertienjarige kind het op 16 September verdrink nadat hy saam met maats by dié gwarriegat langs die Doverpad naby Parys se munisipale stortingsterrein geswem het. Die gat is sowat 3m diep. Die kind se liggaam is deur sers. Campbell van die polisie se duikeenheid in Bloemfontein uit die water gehaal.

Op die foto is ao. Holtzhausen van die Sasolburgse honde-eenheid in die water terwyl daar nog na die liggaam gesoek is. Die voorval het die middag omstreeks 14:00 gebeur.

In 2017 het ’n 8-jarige meisie ook hier verdrink toe sy en ’n groep maats die middag hier baljaar het. Destyds is aan Gazette gesê dat verskeie konstruksiemaatskappye hier grond uitgrawe, en was die gemeenskap ontsteld omdat kinders nie bewus is van die gevaar nie.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button