NewsNewsSportSport

Stokkiesman-gesin Bergfietsren (Mountain Bike Dual)

‘n Splinternuwe item op die Parys Domefees-program is die Stokkiesman-gesin Bergfietsren wat deur Anatomic Sportswear op Vrydag 6 Novemeber by die Afridome aangebied word. Bergfiets-entoesiaste het die geleentheid om die hele gesin, pa, ma, kleinboet, kleinsus, ouboet, ousus, oupa en ouma te kom inskryf vir ‘n bergfietsren  op ‘n maklike, nie-tegniese plaaspadroete! Dis ‘n spesiale …

‘n Splinternuwe item op die Parys Domefees-program is die Stokkiesman-gesin Bergfietsren wat deur Anatomic Sportswear op Vrydag 6 Novemeber by die Afridome aangebied word.

Bergfiets-entoesiaste het die geleentheid om die hele gesin, pa, ma, kleinboet, kleinsus, ouboet, ousus, oupa en ouma te kom inskryf vir ‘n bergfietsren  op ‘n maklike, nie-tegniese plaaspadroete! Dis ‘n spesiale Domefees byeenkoms met medaljes vir elke deelnemer en daar is hope gelukkige trekpryse – elkeen staan ‘n kans om te wen! Daar sal ook kwaliteit pryse van Anatomic  vir wenners in elke kategorie wees!

Inskrywingskoste beloop slegs R175 per span van 2 om deel te neem en dit sluit in toegang in tot die Afri Dome vir Vrydag en Saterdag wat albei aande se rock vertonings insluit.

Daar word 2  wedrenne in verskillende kategorieë aangebied maar deelnemers is welkom om aan albei wedrenne deel te neem:

WEDREN A – begin om 16:00

Kategorie 1 – Pa, ma of voog saam met seun of dogter (7-12jr)

  Ouer/voog en kind ry eerste rondte tesame

  10km tesame en 10km pa/ma/voog alleen

  Dus : 10km vir kind en 20km vir ouer/voog

 

Kategorie 2 – Pa, ma of voog EN seun of dogter (13-18jr)

  10km elk in aflos, enige orde

 

Kategorie 3 – Pa, ma of voog EN seun of dogter (19jr+)

  10km elk in aflos, enige orde

 

Kategorie 4 – Oupa/Ouma SAAM MET kleinseun of kleindogter (enige ouderdom)

  1 rondte = 10km tesame

 

 

WEDREN B – begin om 17:30

 

Kategorie 5 – Man en vrou

  10km elk in aflos, enige orde

 

Kategorie 6 – 2 broers OF susters OF broer en suster (13jr en ouer)

10km elk in aflos, enige orde

 

Aanlyn registrasies  kan op www.weardirect.co.za gedoen word en sluit  op  Woensdag 4 November om middernag.  Laat registrasie en inskrywings begin 6 November om  14:00 by die Afri Dome by ‘n aangeduide hek.  Meer inligting op www.domefest.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button