
Dit is lekker warm en die tyd het aangebreek dat mens lekker in en om die swembad kan ontspan … en dit wil voorkom of ander spesies ook so dink.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch so tussen Parys en Potchefstroom, het die oulike foto aan Gazette se susterskoerant, Vaalweekblad gestuur. Hy sê hy het op die blesbok afgekom wat besluit het om in die swembad af te koel en toe nie weer kon uitkom nie.
Edwin help toe maar die bok uit die swembad asof dit maar net nog ‘n alledaagse taak is, en “verduidelik” hom hoe om sy pad terug te kry na die res van die bokke. Die was ook nie die eerste besoeker wat in die swembad gaan afkoel het nie. Edwin sê ‘n vorige keer het een van beeste ‘n “dip” gaan vat en self weer uitgeklim ook
https://vaalweekblad.com/74562/video-blesbok-in-swembad-betrap/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




