News

Só kan jy jóú dorp se skole help

Só kan jy jóú dorp se skole help

Die Covid-19 pandemie het ons almal hierdie jaar ‘n taai dwarsklap kom gee en is die gevolge van die pandemie oral te sien – ook by ons skole in Parys. Finansiële druk op skole neem jaarliks weens verskeie redes toe, maar is dit vanjaar drasties vererger deur die uitwerking van Covid-19. “Ten spyte daarvan rus daar steeds ‘n verantwoordelikheid op ons skouers om ‘n kwaliteit opvoedkundige diens te lewer en ‘n baken van hoop in die gemeenskap te wees,” sê skoolhoof Shaun Strydom van Parys Primêre Skool. “Daarvoor het die beheerligaam nodig om die fondse van die skool aan te vul. ‘n Skool is juis uniek in die sin dat die koste daaraan verbonde om ‘n personeellid af te lê in finansieel onseker tye, dramatiese gevolge vir dienslewering in die toekoms gaan hê.” Een gevolg van personeelvermindering is klasgroottes en is die vraag dadelik of daar die aandag aan elke leerder gegee kan word wat hy/sy verdien met verminderde personeel? Kan die leerders optimaal ontwikkel op alle vlakke van die samelewing? Goed opgeleide, passievolle opvoeders is van onskatbare waarde vir ’n skool en word nie maklik gekry nie. Daarom word alles moontlik gedoen om personeel te behou.

Om die rede het die beheerliggaam van dié skool besluit om vanjaar weer die bekende Beesprojek te loods. Inwoners van Parys ken die projek teen dié tyd al goed, en weet watter uitstekende pryse gewen kan word! Die skool doen ‘n beroep op die gemeenskap om asseblief hierdie inisiatief te ondersteun. Dalk weet jy van kinders in jou straat, of vriende se kinders wat kaartjies het wat jy op hierdie manier kan ondersteun. Selfs al het jy nie meer kinders in die skool nie, koop ‘n kaartjie of selfs ‘n kaartjieboekie by die skoolkantoor. Die projek skop aan die einde van September af en sluit vroeg in November. As ons skole sterk is, is ons gemeenskap sterk, en hulle het jou ondersteuning nodig

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button