Bekende Potchefstromer by huis vermoor

Bekende Potchefstromer by huis vermoor

ʼn Bekende Potchefstroomse inwoner en voormalige boer van die omgewing, Sias Willemse (74), is gister (Dinsdag, 22 September) in sy huis in Frederickstraat vermoor.

 

Kapt. Aafje Botma, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ʼn moorddossier geopen het.

“Daar was twee skietwonde in sy nek en verskeie dasse was om sy nek gebind,” het Botma gesê

‘n Familielid het op die moordtoneel afgekom nadat sy familie hom, telefonies nie kon bereik nie. Sias se vrou, Tobianna, kuier tans by familie in die Kaap.

Kapt. Botma het gesê daar was nie tekens van geforseerde toegang tot sy huis nie en die kluis in die huis het oopgestaan. Sy het ook bevestig dat verskeie jaggewere in die kluis gevind is, maar dat die polisie nog nie kan bevestig of daar ander items uit die kluis gesteel is nie.

Die polisie maan enige iemand wat inligting rondom die saak kan gee om die ondersoekbeampte ao Kevin Pretorius te skakel by 082 461 8263.

Sias Willemse was veral as rugby- en krieket-entoesias bekend. ʼn Inskrywing op Potchefstroom Dorp Rugbyklub se Facebook-blad bevestig dat hy ʼn legende was:

“Ons neem swaar afskeid van Oom en sal Oom altyd onthou. Innige meegevoel met sy familie en vriende. Julle is in ons gedagtes en gebede.”

HIer is die oorspronklike skakel na die berig in Potchefstroom Herald

https://potchefstroomherald.co.za/78391/bekende-potchefstromer-by-huis-vermoor/

Related Articles

Back to top button