'n P51 Mustang wat spesiaal vir eienaar John Wheadon gebou is. Daar is net 'n beperkte aantal van dié modelle gemaak en is hierdie die enigste in Suid-Afrika. Die Amerikaanse P51 vegvliegtuig enjin is vir die motor gebruik en word die spogmodel beskou as 'n viering van die lugvaart en motoriese werkverrigting.
Parys het die naweek uit sy nate gebars en is besoekers met ope arms met eg Vrystaatse hartlikheid in die dorp verwelkom.
Vanoggend was daar boonop die bonus van die gebrul van enjins met 20 blink Mustangs in die dorp se hoofstraat. Die Mustang eienaars is almal deel van die Gauteng Mustang Club met sy 104 lede.
Hulle doen maandeliks ‘n ”breakfast run” en vandag se besoek aan Parys was ‘n eerste vir dié klub wat vanoggend by Jimmy Jaggers gekuier het.
John Wheadon, eienaar van die P51 Mustang saam met Teresa Esterhuyse, voor Jimmy Jaggers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.