NewsNews

Loodglas-passie word beroep

Loodglas-passie word beroep

MEYERTON. – Sy was maar sowat nege jaar oud toe sy vir die eerste keer ‘n Rembrandt van Rhyn selfportret gesien het, asook die katedrale met ongelooflike mooi loodglasvensters. Sy het daarna vir haar ma gesê dat dit is wat sy eendag wil doen, om met loodglas te werk.

Dit het toe baie langer gevat om dié droom te kon bewaarheid, maar dit is nou wat Christa Last doen.
Christa was in Laerskool Japie Greyling en het aan die Hoërskool Dr. Malan matrikuleer.
In 1999 het sy as jong werkende vrou met Mariaan Claassen paaie gekruis, waar sy loodglasklasse begin neem het.
Christa het dit eers as ‘n stokperdjie beoefen, maar in 2010 die geleentheid gekry om die studio by Mariaan oor koop, wat besluit het om na Ballito te verhuis.

Christa kyk dat sake vlot verloop by die NG Kerk Frankfort.

Dit is toe dat haar passie na ‘n loopbaan verander het.
“Die groot interessantheid van my werk is al die verskillende mense en kulture waarmee ek te doen kry. My projekte, klein en groot, het my al na baie dorpe geneem,” vertel Christa. Sy is tans in Frankfort besig om ‘n kerk weer nuwe fleur te gee.
“Die kulture is ook interessant. Vir my wat in die Hervormde Kerk grootgeword het, was my eerste ervaring vir ‘n projek in die Rooms Katolieke Kerk iets ongelooflik.” Sy het ook projekte gedoen vir die Grieks Ortodokse Kerk in Vanderbijlpark.
“Hoe groter die projek is, hoe lekkerder is dit vir my. Hoewel ek ook kleiner goed maak soos lampe en deure, geniet ek groot uitdagings. Daar gaan baie beplanning saam,” verduidelik Christa.
Vir restourasiewerk word daar eers ‘n “pre investigation” verslag gedoen. Dan word die kwotasie gegee. Na die voltooiing volg ‘n nuwe verslag van wat werklik gedoen is. Restourasie word volgens die internasionale kodes gedoen. Christa geniet die voorreg om op ‘n vriendin in België se knoppie te kan druk as sy hulp of raad benodig.

Loodglas verander die hele aansien van die kerk van binne en buite.

“Dit is somtyds nogal moeilik om iemand wat ‘n idée het, reg te help. Mense verstaan nie altyd wat moontlik is, en wat nie. Loodglaspanele is baie swaar. So ‘n enkel stuk paneel moet bv. verkieslik nie groter as 1,2 x1,2 vierkante meter wees nie, want so ‘n paneel kan maklik 15 tot 20kg weeg,” vertel Christa.
Die projek by die NG Kerk Frankfort is nou reeds in die tweede fase. Sy het reeds in 2017 met die eerste fase begin, maar omdat dit so ‘n duur proses is, word daar deurentyd eers geld ingesamel deur die kerk. Van Christa se grootste restourasieprojekte sluit in:
Die Van Tilburg Museum – Pretoria Universiteit, Hazeldene House (nou ‘n Netcare fasiliteit) en Dome by die ingang van Gold Reef City Casino. “Vir my is die waardevolste die restourasiewerk by die Melrose Huis Museum omdat dit geskiedkundig was. Dit was ook “grisaille” werk, beter bekend as brandskilderwerk,” sê Christa.
* Vir meer inligting, besoek Christa se Facebookblad, Gateway Stained Glass.

Loodglas-passie word beroep

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button