News

Daar’s weer sterrekyk dié naweek

Daar’s weer sterrekyk dié naweek

Die afgelope Saterdag het Frik le Roux van die Sterrekundevereniging van Suid-Afrika se Pretoria-tak ´n sterrekyk-uitstappie by Deelfontein se sterrewag aangebied. Om te kon sterrekyk sonder om te verkluim, soos dit gewoonlik met die goeie atmosferiese toestande in die winter die geval is, was ´n welkome verandering! Ten spyte van die stof en rook in die lug, was die omstandighede vir waarneming goed, en het die besoekers dit baie geniet.

Komende Saterdag is daar weer geleentheid om sterre te kyk by Deelfontein saam met Frik le Roux. ´n Groep sterrekundiges van die Sterrekundevereniging bring hulle teleskope en sal die naweek op die plaas deurbring om die voordeel van die relatief donker naghemel van die Koepel te benut. Soos gewoonlik word daar om 19:00 ´n kort inleiding in die seminaarkamer aangebied, en daarna word die hemelruim deur die teleskoop bekyk.

Besoekers sal Saterdag ook die geleentheid hê om met ander sterrekundiges te gesels en te hoor watter navorsing hulle tans doen. Bring warm klere en skoene saam, al behoort die nagtemperature reeds hoër te wees. Die koste is R100 per persoon. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar, en die sterrewag is op die plaas met rigtingwysers aangedui. Meld asseblief per e-pos aan by gerhard@deelfontein

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button