![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2020/09/Bail_Bond_Process-1.jpg)
Tharina Human en haar drie medebeskuldigdes is pas in hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg gevonnis vir die ontvoering van ‘n 6-jarige dogtertjie van Vanderbijlpark net nadat haar ma haar by die skool afgelaai het op 2 September 2019. Haar ontvoerders wou R2 miljoen van die dogtertjie se pa hê. Sy is egter sonder dat die losprys betaal is, ongedeerd op 3 September gevind waar sy in die straat gelos is. Human, ‘n voormalige onderwyseres, is 15 jaar tronkstraf gegee vir die klag van ontvoering waarvan 5 jaar opgeskort is. Sy het ook 5 jaar gevangenisstraf gekry op die klag van poging tot afpersings wat gelyktydig uitgedien sal word.
So lyk die drie medebeskuldigdes se vonnisse:
Die hof het Laetitia Nel 8 jaar tronkstraf opgelê vir die klag van ontvoering. HIervan is 3 jaar opgeskort. Sy het ook 5 jaar gevangenisstraf gekry vir poging tot afpersing wat gelyklopend uitgedien sal word. Pieter van Zyl het 13 jaar gevangenisstraf vir die klag van ontvoering gekry waarvan 5 jaar opgeskort is.Hy het ook 5 jaar tonkstraf gekry vir poging tot afpersing wat gelyklopend uitgedien sal word. Bafokeng Malemohi het vir die ontvoering 12 jaar gevangenisstraf gekry waarvan 5 jaar opgeskort is. Vir poging tot afpersing het hy 5 jaar gevangenisstraf gekry wat gelyklopend uitgedien sal word. Al vier het pleitooreenkomste met die staat aangegaan. (Bron: Netwerk24)