NewsNews

Dié paspoort kan jou die langnaweek laat wen

Daar is min wat kom by ‘n winskopie, ‘n bietjie ‘discount’, ‘n twee-vir-die-prys-van-een, of ‘n prys om te wen. Ons almal wil nou ‘n bietjie uitkom na die inhok, en as jy dan nog kan wen, is hierdie ’n ‘bargain’! Met dié Passport to Parys-projek sal jy waarde vir jou koop, kuier en bederf in …

Daar is min wat kom by ‘n winskopie, ‘n bietjie ‘discount’, ‘n twee-vir-die-prys-van-een, of ‘n prys om te wen.
Ons almal wil nou ‘n bietjie uitkom na die inhok, en as jy dan nog kan wen, is hierdie ’n ‘bargain’! Met dié Passport to Parys-projek sal jy waarde vir jou koop, kuier en bederf in eg plattelandse hartlikheid kry as jy Parys die komende langnaweek besoek.

 

Wat behels dié projek?
* Die paspoort sal jou help om jou kuiertjie in Parys te beplan vir die naweek van 23-27 September, want waar beter om Erfenisdag te vier as hier in die kosbare erfenis van die Vredefort Koepel se natuurjuweel met hope te doen, te sien en te geniet.
* Sestien besighede neem deel aan die projek waar jy by elkeen ’n stempel vir jou paspoort kan kry.
* As jy ses of meer stempels het, gee jou inskrywingsvorm in en staan ’n kans om een van die ongelooflike Passport to Parys pryse te wen.
* Die paspoort is slegs geldig van 23 tot 27 September.
* As jy ’n wenner is, sal jy telefonies in kennis gestel word.
* Inskrywingsvorms moet by die deelnemende besighede ingehandig word teen nie later nie as Sondag, 27 September om 14:00
* Die projek is ‘n inisiatief van Parys Info waarmee jy ook ons plaaslike sakelui kan ondersteun.
Provinsiegrense is oop en dis ’n skole-vakansiedag, Vrydag 25 September. So as jy grendelvoos en moeg is vir jou eie tuinroete – kry jou paspoort vir Parys en kom kuier, koop en bederf jou siel met ’n naweek weg van die gewoel. Vir Parysenaars wat self dalk nie die voorreg het om vir die langnaweek te kan weggaan nie, of gelukkig is om weer familie van ver hier by jou te kan hê – pak jou ruksak, trek jou tekkies aan en kyk weer ’n slag wat jou dorp jou kan bied! Kry jou paspoort vandag nog by enige van die deelnemende besighede (Sien advertensie links onder) of by die Parys Info-kantoor in Waterstraat

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button