NewsNews

Boere betoog toe beskuldigdes na plaasaanval om borg aansoek doen

Boere betoog toe beskuldigdes na plaasaanval om borg aansoek doen

Ongeveer 30 boere van die Ventersdorp en Klerkskraal omgewing het Maandag, 14 September met hulle bakkies en trekkers voor die Ventersdorp landdroshof opgedaag. Dit was hulle manier om te betoog teen die borgaansoeke van die ses beskuldigdes wat in hegtenis geneem is na ʼn boer van Klerkskraal geskiet is.

Nkosinathi Thembinkosi Mdludli (35), Kenneth Andries Midisane (36), Ramito Joseph Ngolele (31), Olavio James Ngoveni (34), Joel Thomas Novele (34) en Ernesto Pedro Shirindza (35) word onder meer vir poging tot moord aangekla na André Marais 10 skote van ʼn plaasaanval wonderbaarlik oorleef het.

Een van die anonieme boere op sy trekker wat deel was van die protes.

Volgens kol. Adéle Myburgh, Noordwes se polisiewoordvoerder, het ʼn ondersoekbeampte van die Carletonville speurtak, ao. Jacques Nagel, die borgaansoeke van die ses teengestaan. Die hof sal volgende Maandag, 21 September uitspraak op die borgaansoeke lewer.

Die sameroeper van die vreedsame optog, André Bouwer, sê die boere in die omgewing het ʼn behoefte om hulle stemme dik te maak teen die nuttelose aanvalle op boere en hulle plaaswerkers. “Ons wil meer mense bewus maak van die kommerwekkende toename in plaasaanvalle. Ons doen dit op ʼn vreedsame manier en het reeds swart boere se ondersteuning om by ons met die volgende protesoptog op 21 September aan te sluit. Ons is glad nie ʼn wit weerstandsbeweging nie en wil graag ons ondersteuning aan die polisie gee”, sê hy.

Bouwer vertel dat die mense van die omgewing hulle ondersteun en dat selfs Ventersdorp se verkeersbeamptes die boere op hulle trekkers na die landdroshof begelei het toe hulle die dorp ingery gekom het. Hy sê dat meer mense, ook motorfietsryers, by volgende Maandag se optog sal aansluit.

Nog ‘n boer wat met sy veteraantrekker aan die opmars deelgeneem het.Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/78057/boere-betoog-toe-beskuldigdes-na-plaasaanval-om-borg-aansoek-doen/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button