Dié kindersiekte kan nou aangemeld word

‘n Nuwe kindersiekte bekend as Pediatriese inflammatoriese multistelsel sindroom is nou ‘n aanmeldbare mediese toestand in Suid-Afrika. Die siekte veroorsaak erge koors, ontsteking en hartkomplikasies en is ‘n seldsame siekte wat by kinders gediagnoseer word. ‘n Aanmeldbare mediese toestand hou gesondheidsrisiko’s in en kan tot uitbrekings of epidemies lei. Dit is nog nie seker wat …

‘n Nuwe kindersiekte bekend as Pediatriese inflammatoriese multistelsel sindroom is nou ‘n aanmeldbare mediese toestand in Suid-Afrika.

Die siekte veroorsaak erge koors, ontsteking en hartkomplikasies en is ‘n seldsame siekte wat by kinders gediagnoseer word.

‘n Aanmeldbare mediese toestand hou gesondheidsrisiko’s in en kan tot uitbrekings of epidemies lei.

Dit is nog nie seker wat die siekte veroorsaak nie, maar wel dat kinders wat die siekte kry, blootgestel was aan Covid-19 of in aanraking was met iemand wat die siekte opgedoen het.

Hoewel die siekte ernstig of selfs dodelik kan wees, het die meeste kinders wat gediagnoseer was se toestand verbeter met die nodige mediese behandeling, maar dit is belangrik dat dit vroeg gediagnoseer moet word.

Gesondheidswerkers moet die owerhede in kennis stel van ‘n waarskynlike of bevestigde geval.

 

Related Articles

Back to top button