Dié kindersiekte kan nou aangemeld word

‘n Nuwe kindersiekte bekend as Pediatriese inflammatoriese multistelsel sindroom is nou ‘n aanmeldbare mediese toestand in Suid-Afrika. Die siekte veroorsaak erge koors, ontsteking en hartkomplikasies en is ‘n seldsame siekte wat by kinders gediagnoseer word. ‘n Aanmeldbare mediese toestand hou gesondheidsrisiko’s in en kan tot uitbrekings of epidemies lei. Dit is nog nie seker wat …

‘n Nuwe kindersiekte bekend as Pediatriese inflammatoriese multistelsel sindroom is nou ‘n aanmeldbare mediese toestand in Suid-Afrika.

Die siekte veroorsaak erge koors, ontsteking en hartkomplikasies en is ‘n seldsame siekte wat by kinders gediagnoseer word.

‘n Aanmeldbare mediese toestand hou gesondheidsrisiko’s in en kan tot uitbrekings of epidemies lei.

Dit is nog nie seker wat die siekte veroorsaak nie, maar wel dat kinders wat die siekte kry, blootgestel was aan Covid-19 of in aanraking was met iemand wat die siekte opgedoen het.

Hoewel die siekte ernstig of selfs dodelik kan wees, het die meeste kinders wat gediagnoseer was se toestand verbeter met die nodige mediese behandeling, maar dit is belangrik dat dit vroeg gediagnoseer moet word.

Gesondheidswerkers moet die owerhede in kennis stel van ‘n waarskynlike of bevestigde geval.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button