NewsNews

Ontvoering: Juffrou beken skuld

Wil pleitooreenkoms met staat aangaan

Tharina Human, die onderwyseres wat aangekla is van die ontvoering van ‘n dogtertjie van Vanderbijlpark in 2019, het aangedui dat sy ‘n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan. Die dogtertjie wat toe 6 jaar oud was,  is by haar skool ontvoer toe haar ma haar daar afgelaai het.

Human en haar medebeskuldigdes, Laetitia Nel, Pieter van Zyf en Bafokeng Molemohi, het vandag in die hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg, verskyn. Human se regsverteenwoordiger David Mey, het in die hof aangedui dat sy gaan skuld beken, en gereed is om die pleitooreenkoms en vonnisoplegging af te handel.

Laetitia Nel gaan ook skuld beken kragtens art. 112 van die Strafproseswet, terwyl Van Zyl en Molemohi se regsverteenwoordiger aangedui het dat hulle nog tyd nodig het om hul pleitonderhandelings af te handel. Die saak is uitgestel tot Donderdag 17 September  met Human, Van Zyl en Molemohi wat in aanhouding bly.

 

Related Articles

Back to top button