
Parys – Jy moet maar ligloop vir dié adders! We Care het die afgelope week twee boomslange gevang by ‘n oord in die omgewing. Omdat temperature reeds baie warmer is, begin die slange beweeg na hul hibernasie en sal jy hulle al meer begin sien in die veld en waar jy dit dalk die minste verwag. Wees daarom baie versigtig en oplettend.
We Care het ook Desember inwoners gewaarsku om versigtig te wees met verskeie slange wat toe ook in die dorp gevang moes word.
Hieronder was rinkhalse, ‘n pofadder , en ‘n Kaapse Kobra. Aldrie baie giftig. ‘n Hele paar boomslange is toe ook gevang. Dit is veral na die reën en met baie mense wat hul erwe skoonmaak en bourommel verwyder, dat dié adders kop uitsteek.



