HealthLifestyleNewsNews

VIDEO: Dam se water besoedel

Die rioolbesoedeling van die Rooidam in Parys se water is oënskynlik te wyte aan die oorloop as gevolg van verstopping by die Tokoloi rioolpompstasie in die Tumahole woonbuurt. Dit het aan die lig gekom nadat mnr. Saal de Jager, voorsitter van die Ngwathe Waterforum gaan ondersoek instel het. Hy sê die rioolwater loop nou direk …

Die rioolbesoedeling van die Rooidam in Parys se water is oënskynlik te wyte aan die oorloop as gevolg van verstopping by die Tokoloi rioolpompstasie in die Tumahole woonbuurt.
Dit het aan die lig gekom nadat mnr. Saal de Jager, voorsitter van die Ngwathe Waterforum gaan ondersoek instel het. Hy sê die rioolwater loop nou direk in die kanaal wat die Rooidam voed en waaruit Parys sy leiwater onttrek. Die dam is in Derdelaan, Parys waar skuimbolle Vrydag langs die pad by die leivoor gesien is. Dit het vrae laat ontstaan oor die dam se water.
De Jager sê saam met die rioolwater beland daar ook wasmiddels in die kanaal as gevolg van die verstopping en oorloop wat die skuim veroorsaak. Dit het ook al in die verlede gebeur.
Hy sê opgradering by Tokoloi is dringend nodig soos wat die Ngwathe munisipaliteit onlangs by die Thabo pompstasie gedoen het.
Die video wys hoedat die rioolwater in die kanaal inloop.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button