NewsNews

Deur die heining…tot in die motorhuis

Deur die heining...tot in die motorhuis

“Dit was net een helse slag.” So sê Moira Barnes van The Villa woonstelle in Cilliersstraat nadat sy Sondagaand net na 21:00 haar voordeur oopgemaak het en die groot chaos gesien het. Nie net was ’n deel van haar palissade-heining omgery nie, maar die Courier-bakkie wat deur die heining gery het, het ook deur haar voortuin geploeg. Dit het daarna haar motorhuis se deur middeldeur gery en met ’n slag teen haar Toyota RAV4 wat in die motorhuis geparkeer was, tot stilstand gekom.

Teen Maandag was dit nog nie seker wat die totale skade is nie. Die drie insittendes in die bakkie wat in Grensstraat afgery het, is nie beseer nie. Hulle het aan Barnes gesê dat hulle van Potchefstroom af kom.

 Die bestuurder van die bakkie is na die voorval na die polisiestasie geneem. Barnes bedank al die sekuriteitsmaats-kappye, We Care en die polisie wat vinnig hulp op die toneel verleen het. Inwoners in die omgewing van die Cilliersstraat-parkie sê dat die straat jaagduiwels se speelplek is en dat daar al vergeefs vir die munisipaliteit gevra is om spoedhobbels hier aan te bring. Sondagaand se voorval was reeds die derde keer dat daar deur The Villa se heining gejaag is. Inwoners van die omgewing dra by om die parkie en omgewing netjies te hou en is daar ook onlangs weer self slaggate hier reggemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button