NewsNews

Sakeman steeds in hospitaal ná messteek

Mnr. Leon de Bruyn (54), mede-eienaar van Absolutely Water in Parys, is steeds in die hoësorg eenheid van die Unie-hospitaal in Alberton nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure deur twee mans met klapmusse by die onderneming in die Palm Gate-sentrum oorval en van sy ringe, selfoon, R1000 kontant en sleutels beroof is.

Volgens sy vennoot en vriend, Ernest Coetzer, het De Bruyn vroeër die middag die winkel gesluit, maar is net na 23:00 die aand terug om masjiene te gaan aanskakel, ys in die vrieskaste te pak en waterbottels vol te maak. Hy was net klaar en op pad om te sluit, toe die mans hom by die deur oorval het. Hy is na die stoorkamer agter in die winkel gedwing waar hulle ook van hom die kluissleutel wou hê.

Die rowers het hom met ‘n mes gesteek en het te voet gevlug. Hy kon daarin slaag om Parys Sekuriteit te skakel wat die ambulans ontbied het.

Ernest vertel dat hy bekommerd geraak het toe Leon so lank wegbly en die winkelnommer geskakel het waarop Leon hom vertel het wat gebeur het. Dit is die eerste keer in meer as 5 jaar dat hulle die winkel in die sentrum het, dat so-iets gebeur.

Leon is intussen geopereer.

Related Articles

Back to top button