News

Helikopterlanding laat die kopppe draai

Helikopterlanding laat die kopppe draai

Die aksie wat verlede week  in Parys se sakekern gesien is toe ’n helikopter vir die eerste keer ooit in die dorp se sakekern op die parkeerterrein van die Palm Court inkopiesentrum geland het, het beslis die koppe laat draai.

Die helikopterlanding het deel gevorm van ‘n grootskaalse misdaadvoorkomingsaksie wat deur CSS Sekuriteit, in samewerking met die polisie, verkeer, nooddienste, brandweer, IMR ambulansdienste, We Care en die sakeman mnr. Peter Papavarnavas, geloods is.

Dit was dan ook CSS se eie helikopter wat as deel van die bewusmakingsaksie, op die parkeerterrein geland het. Vyf en dertig CSS voertuie was ook deel van die aksie.

Die projek is naas Parys, ook in Klerksdorp, Stilfontein, Potchefstroom, Kroonstad, Orkney, Meiringspark en Bothaville geloods, en is daar veral gefokus op die samewerking tussen die onderskeie dienste, nie net in noodgevalle nie, maar ook in die voorkoming van misdaad.

Gary Chatswind, direkteur van CSS Sekuriteit (links) saam met sy pa, Cecil, eienaar en stigter van CSS, en Gary se broer, Tolmay, nog een van CSS se direkteure.

As jy gewonder het oor hoe die beplanning van so ’n helikopterlanding werk – daar is twee weke lank intens met al die rolspelers saamgewerk om dit moontlik te maak. Eers moes ’n geskikte plek geïdentifiseer word, die terrein moes geïnspekteer word, toestemming van die grondeienaar verkry word met die koördinate wat dan vir goedkeuring na die SA Civil Aviation Authority gestuur is. “Daar moes seker gemaak word dat daar geen obstruksies sou wees met die land en opstyg van die helikopter nie, veral wat betref oorhoofse drade en bome.” “En dan moes daar ook vooraf foto’s van die terrein verkry word om seker te maak dat ’n landing veilig uitgevoer kan word,” sê Gary Chatwind, een van CSS Sekuriteit se direkteure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button