NewsNews

Opdraande stryd vir Eskom om munisipaliteite te kry om te betaal

Opdraande stryd vir Eskom om munisipaliteite te kry om te betaal

Wanbetalende munisipaliteite skuld Eskom gesamentlik reedas R30 miljard, maar dit blyk al moeiliker te word om hierdie munisipaliteite sover te kry om hul agterstallige skuld te betaal.

Die afgelope week het Netwerk 24 berig oor ’n appélsaak in die hooggeregshof in Pretoria deur Eskom teen ’n interdik wat in 2019 toegestaan is om die kragreus te verbied om eMalahleni se krag te sny. Dié munispaliteit het toe R1,6 miljard aan Eskom geskuld.

Die vorige hofuitspraak in dié saak het bepaal dat Eskom as staatsliggaam nie elektrisiteitvoorsiening aan ’n wanbetalende munisipaliteit wat ook ’n staatsliggaam is, kan onderbreek as die voorskrifte volgens die wet op Raamwerk vir Interregeringsbetrekkinge nie eers nagekom is nie. Die sakegroep, Sakeliga, wat as vriend van die hof in die saak tussen Eskom en Resillient Properties saam met die eMalahleni munisipaliteit en ander in die hooggeregshof in Pretoria was, wil keer dat Eskom betalende verbruikers se krag afsny om so munisipaliteite wie se rekenings agterstallig is, te straf.

Hoewel Eskom in die verlede daarin kon slaag om munisipaliteite te kry om hul skuld te betaal deur kragtoevoer te sny, wil dit al meer lyk asof dit vir dié kragreus ’n knaende hofstryd word om sy geld van munisipaliteite te verhaal.

* Regter Anthony Millar het verlede week ook in die guns van die Vaal River Development Association (VRDA) beslis in sy aansoek teen Eskom, die Ngwathe Munisipaliteit, die Vrystaatse premier, LUR vir CoGTA, Nersa en die minister van energiesake, met ’n bevel om Eskom te verbied om verder kragvermindering in Parys, Vredefort en Standerton toe te pas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button